Please
click here for English
GUNITE DAM SOLUTIONS
Gunite Dam Solutions is ‘n afdeling van WDJ Konstruksie wat spesialiseer
in die konstruksie van naatlose betondamme en herbelyning van kanaalweë
met die Spuitbeton Gunite Metode.
DIE SPUITBETON “GUNITE” PROSES
’n Mengsel van sand, agregaat en sement word met tussen 400 en 700
KPA deur ‘n pyp vervoer en teen hoë spoed teen die oppervlak
geblaas. Water word in presies die regte hoeveelheid bygevoeg net voor
die materiaal die pyp verlaat.
VOORDELE VAN SPUITBETON
- Druksterktes van tot 60 MPA word bereik a.g.v. minimum water toevoeging
en kompaksie.
- Uitstekende digtheid
- Hoë wrywings kwaliteite
- Lae deurdringbaarheid
- Vinnig en effektief – word voltooi binne 4 dae
- Baie duursaam
CHEMIESE BYMIDDELS
‘n Produk wat deur SIKA vervaardig word, word (in sekere gevalle
waar groot dag en nag temperatuur verskille voorkom) ingemeng, wat rekbaarheid
en sterker binding meebring. Na voltooing van die dam word alle oppervlaktes
met ‘n produk gespuit wat tot 10mm penetreer en ekstra waterdigtings
kwaliteite het en weerstand bied teen aggressiwiteite in water. Dit dien
ook as seël sodat beton egalig hard word.
BEWAPENING
Bewapening in vloer is ‘n enkellaag REF 193 maasbewapening en in
die mure ‘n dubbellaag REF 193 maasbewapening. Addisionele Y10 hoëtreksterkte
staal word op 400mm hart afstande teen die maas in mure ingesit. Alle
staal het ‘n minimum van 40mm beton bedekking.
AFWERKING
Die natuurlike afwerking wat gelos word nadat spuitbeton aangewend is
gee die heel beste resultaat wat struktuur en duursaamheid betref. Verdere
afwerking terwyl beton nat is, kan veroorsaak dat steurnis voor kom tussen
die beton en staal. Uitsakking kan voor kom wat krake kan wys. Met ander
woorde, tydsberekening vir verdere afwerking is van kardinale belang.
UITLATE EN INLATE
Uit- en inlate word voorsien na gelang van kliënt se behoeftes. 70mm
oorloop word voorsien 100mm van die borant van die dam.
DAK OPSIONEEL
- Gegalvaniseerde kappe en latte
- 0,5m volhard IBR
- Ventilator
HERSTELWERK
- Herbelyning van bestaande strukture of damme.
- Herbelyning van bestaande kanaal stelsels.
WAARBORG
Ons gee ‘n 10 jaar waarborg op spuitbeton damme en kan u verseker
van beste naverkoop diens!
TOESIG / OPLEIDING
Werk word uitgevoer deur opgeleide personeel onder professionele toesig.
Kliek hier
vir ons kwotasievorm.
|